Terug Karooveld toe met rooibos en lam

“Maar hierdie kombinasie van rooibos en lam neem my ver terug, iewers na ’n groot stoep wat uitkyk oor die Karooveld. Dan sit en luister ek na die stilte en kyk na die skemermis wat oor die doringbome by die droë rivierloop hang. Trooskos, troostee, my klein hoekie in die ewigheid.”