Take-a-STAND-dialoë: ’n Pleidooi vir verandering

“Die Sustaining Theatre and Dance (STAND) Stigting het die afgelope naweek, 19–21 Februarie, ’n reeks paneelgesprekke in samewerking met die Toyota US Woordfees op Stellenbosch gehou. Paneelbesprekings vir die Take-a-STAND-dialoë was verteenwoordigend van ’n wye en diverse verskeidenheid stemme uit die dans- en teaterbedrywe, wat ’n spektrum van ondervinding en perspektiewe ingesluit het.”