Taaldinge: Ria Olivier praat oor Afrikaans in die klaskamer

“Baie Afrikaans-onderwysers bevind hulle in ’n moeilike situasie, want die kurrikulum bepaal dat hulle die leerders moet voorberei om in die gestandaardiseerde variëteit van Afrikaans te kan funksioneer, terwyl baie leerders se huistaal eintlik een van die ander variëteite is, bv Kaapse Afrikaans of Namakwalandse Afrikaans.”