Suurlemoenpoeding en die geneuk met nostalgie

“Dié poeding kom lê soos ’n liggeel wolkie, met die tinteling van suurlemoen, op jou tong. En jy kan net eenvoudig nie genoeg kry nie. Ek het gesien hoe die bak krimp en nie eens skuldig gevoel nie.”