Suidoosterfees 2025: Gedrukte media of digitaal – hoe vertolk ons die nuus? (Jakes Gerwel-gesprekke)

“Joernalistiek is nie besig om te sterf nie; dit is besig om te transformeer.” Jody Hendricks het met Carryn-Ann Nel, Crystal Orderson en Ryland Fisher by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor die vertolking van die nuus in gedrukte en digitale media, die vinnig veranderende medialandskap en die opleiding van joernaliste. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.