Suid-Afrikaners wil die land met Dialoog vir Aksie verenig en bou

“Die land se inwoners is meer as keelvol vir die regering se onvermoë om noodsaaklike dienste te lewer. Die volk se moermeters het veral die laaste jaar of wat die hoogte ingeskiet. Dit lê tans dieper in die rooi as Eskom se meter op TV wat aandui wanneer die kragverbruik gevaarlik hoog is.”