Suid-Afrika se onderwys is ’n “katastrofiese mislukking”

“De Klerk sê dit is ’n nasionale skande dat Suid-Afrika die mees ongelyke land ter wêreld is en nie daarin kon slaag om ongelykheid suksesvol aan te pak nie. Een van die dryfvere vir die toenemende ongelykheid is volgens hom die uiters swak skoolprestasie van die meerderheid Suid-Afrikaanse kinders.”