Strate toe vir Afrikaans by US: 9 April

Danie van Wyk van DAK Netwerk: “Ons het niks teen Engels nie en is ook nie gekant teen transformasie nie. Bruin mense is die groep wat die meeste ly onder die universiteit se huidige taalbeleid. Die universiteit skuld bruin mense ’n verskoning vir die wyse waarop hulle ons in die verlede op grond van ras uitgesluit het en nou weer op grond van taal.” Jean Oosthuizen lewer verslag.