Springmielies: Die opgaarversteuring – wanneer jy níks kan weggooi nie

“Die verskil tussen iemand wat tydelik lui is en nie sy rommel opruim nie, en dié wat aan opgaarversteuring ly, lê in die vrees om enige iets, ongeag die waarde daarvan, weg te gooi. Opgaarders ‘rou’ oor die weggooi van dinge, ook rommel. Dit lei tot die oormatige opeenhoping van onder meer gemors, wat die uitgange van kamers en leefruimtes blokkeer en dié mense se daaglikse funksionering benadeel.”