Springmielies: Die entrepreneurskap van werkloses

“Wat is die lewensiklus van weggooigoed? Die reïnkarnasie van rommel? Ek het onlangs twee vullisverwerkers sien baklei oor ’n betrokke straat se afval en wie se grondgebied dit is. Dit is nie vuurwapens, geld of dwelms waarmee daar gehandel word nie – dit is herwinbare rommel. En dít bied ’n tragiese blik op ons land se wankelende ekonomie.”