Sowat van ’n wolk!

“Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas.”