Sosialemedia-wetgewing: verskansing, foltering of verheffing?

Coert Mommsen, afgetrede sielkundige, dink die onlangse wetgewing in ander lande wat sosialemediagebruik onder jongmense inperk of verbied, is nie noodwendig ’n goeie ding nie: “Elke gebruik van die internet of selfoon skep daagliks / uurliks vir die gebruiker kommunikasienetwerke en kontakte. Sulke netwerke is ’n lewende werklikheid vir elke gebruiker en hulle is noodwendig psigologies hieraan gebind.”