Solidariteit en AfriForum Afrikaanse Onderwysberaad: ’n beraad wat uitsluit?

“As daar dus oor die toekoms van Afrikaanse onderwys beraadslag word, en oor die toekoms van gehalte- Afrikaanse onderwys, moet dit ’n nasionale gesprek wees wat nie slegs tot die Voortrekkermonument beperk word nie. Soos die viering van die 100ste herdenking van Afrikaans as ’n amptelike taal, so sal daar ook ’n nasionale gesprek oor die toekoms van Afrikaanse onderwys beplan en gehou moet word, want Afrikaans is inderdaad groot en vind ’n tuiste in van die kleinste gehuggies tot die grootste stede en dorpe, in die noorde – en in die Wes-Kaap.”