SOF Junior: 1 500 kinders per dag kry kuns en kos

“Marieta Nel het besef dat, hoe groot die geleentheid ook al vir die kinders en jongmense is om na die teater te gaan, dit onverantwoordelik sou wees om hulle sonder kos huis toe te stuur. Toe begin sy bel. Iets soos daardie mooi verhaal oor die brood en die vissies het gebeur.”