Smaakmakers? In gesprek met Stefaans Coetzee oor sy toekenning

Netwerk24 het Donderdag 29 Februarie 2024 die wenners bekendgemaak van talle kategorieë smaakmakers. Stefaans Coetzee is as die wenner aangewys in die kategorie “Boeke met NB-Uitgewers”. Hoe voel hy oor die term smaakmaker? Kan ons smaakmakers se besprekings van boeke vertrou? En: Hoe word ’n mens ’n smaakmaker?