Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n Naglange gesprek

“Rossouw het in sy roman die feite omvorm om by algemene waarhede te kom, by dinge wat ‘eintlik vir alle mense so werk’: die aard en verwerking van trauma; die waarde van stilte en meditasie; die belang van selfontlediging; ’n luisterende lewenshouding; en rituele. Hy wil aan die leser ’n modus vivendi bied: Die beste manier om te lewe.”