Skoleseminaar: Alles begin by een doodgewone dag in die skoolhoof se kantoor

“’n Regsprobleem in ’n skool begin selde met ’n hofsaak. Dit begin eerder by die ontvangs. In die skoolhoof se kantoor. In ’n ouer se dringende e-pos. In ’n dissiplinêre gesprek. In ’n besluit oor toelating. In ’n foto wat op ’n skool se sosialemediaplatform gedeel word. In ’n veiligheidsvoorval op die speelgrond. Op daardie oomblikke wanneer die besluit geneem word, lyk dit nog soos gewone skoolbestuur op ’n doodgewone skooldag. Dit is juis waar die probleem lê.”