Skoen

“Pa tel Doors se skoen op in sy bruingebrande boerehande. Hy plaas dit liefderyk terug in die blink boks, vou dit in die swart sneespapier toe, kyk lank daarna. Hy sit die deksel stadig op en loop met krom skouers kas toe, maak keel skoon, druk verby my ma en bêre dit diep, diep agterin. “