Sirkus deur Irma Venter, ’n resensie

“Die verhaal spring nie net tussen vertellers nie, maar ook tussen die hede en verlede. Dit is ’n fynuitgewerkte program, met perfekte ruimte en beligting, musiek en tegniese opset, wat die gehoor verras, vermaak, gespanne en in afwagting hou.”