Sensuur en die volk se sedes

“‘Pornografie’ was in die apartheidsjare in Suid-Afrika ’n swaar emosioneel-gelaaide woord. ’n Woord wat nie maklik in die openbaar hardop gesê is nie. ’n Begrip wat nie voor kinders en beïnvloedbare jongmense bespreek is nie. Dit het destyds gegaan om boosheid wat liefs vermy moes word.”