Sara deur Maretha Maartens: ’n lesersindruk

“Die boek lees redelik maklik, maar het my by tye bietjie die draad laat verloor. Daar word baie gebruik gemaak van ou Semitiese woorde, waarvan ’n lys agterin die boek voorsien word, maar hierdie vreemde woorde belemmer vir my ietwat die leeservaring, terwyl ek besef dat die doel eintlik was om die teks meer outentiek te maak.”