Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk

“Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef.”