Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux

Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite. Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing. Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.