Regsalmanak: 100 stories uit ons regserfenis deur Gustaf Pienaar: ’n onderhoud

“[D]atums gee dus konteks – ook wat ons regserfenis betref. ’n Mens sou weliswaar ’n boek soos hierdie tematies kon aanpak met stories oor die verskillende vertakkinge van die reg: strafreg, deliktereg, kontraktereg, administratief- en staatsreg, en dies meer. Ek het egter gereken ’n datumgekoppelde benadering mag dalk ’n ongewone, vars invalshoek wees.”