Reaksie op Michael le Cordeur se mening oor Kaaps in die Afrikaans-kurrikulum

“Sluit Kaaps die moderne Engelse woorde in wat altans in Standaardafrikaans nie erken word nie? Vir baie gebruikers van laasgenoemde vorm van Afrikaans is dié groot hoeveelheid Engels in Kaaps ’n belangrike struikelblok in die aanvaarding daarvan. Dit voel vir party van hulle of dit onbewus ’n polities korrekte kortpad na verengelsing is.”