Rachel Ruysch

“Haar kop jaag, sy sien voor haar oë elke enkele takkie wat sy nog ooit geskilder het. Sy sien die irisse van haar kinders. Sy dink aan die verf in Juriaen se naels, sy wieg soos die lote van haar stingels, sy ruik die wortelsisteem van ’n raap, sy dink aan vader Frederik se mol in die blou water, sy dink aan haar eerste palet, sy wil oopbars van lewe soos ’n blomblaar in die son!”