Pophuise en pampoenkoekies vir die onthou

“Dan verlang ek sommer na al die aande voor die ou Aga-stoof in die kombuis en my ma wat vir ons Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas voorlees. En die pampoenkoekies met die dik laag kaneelsuiker wat onder jou tande kraak wanneer jy in die sagte geel in byt.”