Pniël Adam Small Fees 2019: Darryl David gesels met Naomi Meyer

“Die proses om die Adam Small-fees in die lewe te roep het my genees. Ek sê altyd vir mense: As jy Pniël toe gaan, voel jy die liefde. Sommige gemeenskappe is net so.” Die Pniël Adam Small Fees vind vanaf 22 tot 24 Februarie plaas. Naomi Meyer het die feesorganiseerder, Darryl David, uitgevra.