Plaaslike politiek ná die verkiesing: Hoe lyk dinge vorentoe?

Christi van der Westhuizen gesels met Jan-Jan Joubert oor nuwe regerende partyformasies op plaaslike vlak, die ANC se oënskynlike nuwe strategie van surrogaatpartye, hoekom die DA “ordentlik” moet word, hoe die VBS-skandaal die EFF wel geknou het, en waarom die Patriotic Alliance ’n nuwe populistiese gevaar inhou. Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk.