Persverklaring: Woordtrofees-wenners 2024

Die wenners van die 2024 Woordtrofees is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed bekroon. Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl, is ’n aantal spesiale pryse toegeken, onder andere die nuwe Martie Retief Meiring-toekenning, die In verbondenheid-toekenning asook die WOW-trofees vir skool en opvoeder van die jaar.