Persverklaring: Uitsonderlike gebeure sal Paarlse ikoon se 50ste vier

Dit gaan ’n jaar wees om te onthou! Só het Michael Jonas, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), op Saterdag 30 November 2024 belowe tydens die vermaaklike bekendstelling van dié instelling se feesprogram vir 2025 wanneer beide entiteite 50 jare vier. Daarnaas is ’n nuwe webtuiste, logo en buiteluguitstalling onthul terwyl verskeie kunstenaars ook opgetree het.