Persverklaring: Toyota Stellenbosch Woordfees 2025 – Literatuur is steeds die hart

Die bekroonde digter Bibi Slippers het ’n eklektiese program vir die EasyEquities Skrywersfees saamgestel. Die fees spog vanjaar vir die eerste keer met twee feesdigters. Antjie Krog en Siphokazi Jonas deel vanjaar hierdie posisie van feesdigter.