Persverklaring – Silwerskermfees TV nominasies: die beste reaksies

Die Afrikaanse filmbedryf kom hierdie Saterdag, 31 Augustus 2024, in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum byeen om die 12de kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV te vier. Dié glansgeleentheid sal die volgende aand, Sondag, 1 September 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. Met Vrouemaand wat afsluit, het Cindy Swanepoel, Melissa Myburgh, Mienke Ehlers, Beáta Bena Green, Marion Holm, Marguerite van Eeden en Llandi Beeslaar oor hul benoemings gesels.