Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog

Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.