Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument

Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.