Persverklaring: Kunstekaap stel die 20ste Women’s Humanity Festival bekend met ’n dringende oproep vir aksie; gedenk 70 jaar sedert die geskiedkundige Vroueoptog teen ongeregtigheid

Die Kunstekaapteater het op Woensdag 8 Julie die 20ste Artscape Women’s Humanity Festival (AWHF) bekendgestel wat die kollig werp op die 70ste herdenking van die geskiedkundige Vroueoptog van 1956, met ’n duidelike beroep op Suid-Afrikaners om meer te doen as slegs onthou en om eerder tot betekenisvolle aksie oor te gaan.