Persverklaring: Innibos 2021 – skrywerslypskool deur Riana Scheepers op Kaapsehoop

Skrywers wat hul penne wil slyp onder die vaardige leiding van die bekroonde Afrikaanse skrywer dr. Riana Scheepers, kan nou inskryf vir ’n skrywerslypskool van 4 tot 8 Oktober.