Persverklaring: Honderde skoolleerlinge ervaar Artscape-teater op hul voorstoep

Die tegniese span het hulself oortref met ’n magiese wonderteater, ligte en klank uit die boonste rakke wat die kinders behoorlik na hul asem laat snak het. Sowat 1 000 leerlinge van verskillende skole in Mamre is meegesleur danksy uitstekende uitvoerings deur professionele kunstenaars.