Persverklaring: Ek, ouer – ’n nuwe eenvrouvertoning aangebied deur Motorhuis Productions

Mevrou Dominee word onverwags enkelma van ’n kletsende kleuter en al sy kwale. Kom luister hoe Roné (Willa Van Schalkwyk) oueralleen die Durbanville mamma-subkultuur trotseer. Met die nuuskierigheid van ’n antropoloog bestudeer Roné die wêreld van Mom-fluencers, Coco Pops en Collagen Lollies.