Persverklaring: Digtersweek 2024 – kom leer by die meesters om te dig

Digtersweek 2024 bevat ’n paneel bekroonde digters en bied vir elke voornemende en ontluikende digter die ideale geleentheid om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te bou. Die paneel bestaan uit bekroonde digters soos Johan Myburg, Diana Ferrus, René Bohnen, Alwyn Roux en Danie Marais.