Persverklaring: Die Suidoosterfees raak feestelik met kleiner, intieme program

Van 26 April tot 2 Mei 2021 bied die Suidoosterfees ’n kleiner, meer intieme fees as gewoonlik aan. Dié korter program val in die fees se tradisionele datums, en vind plaas ingevolge die pandemie-regulasies wat tans geldig is.