Persverklaring: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater

Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-produksies word beskryf as die “mooiste liefdesbrief aan die Karoo”. Dié tweeluik – Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte – wat in Desember 2020 uitgestel moes word weens die tweede vlaag van die Covid-19-pandemie, is nou op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios, die tuiste van die kykNET-sepie Suidooster, se inryteater.