Persverklaring: "Deel" jou skribbels en wen ’n Woordfeeservaring vir twee

Die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees vier 25 jaar van kuns, kultuur en uitdrukking met die feestema “Deel”. Jy kan deel wees van die feesvieringe deur jou skribbels, skrabbels en sketse met die feesbestuur te deel, en ’n Woordfeeservaring ter waarde van R2 000 te wen.