Persverklaring: Dans gaan jou na "woorde laat gryp" by Suidoosterfees

Produksies op die Suidoosterfees se dansprogram beloof om vanjaar weer mense te betower met aanskoulike tegnieke en passies. Figure of 8-dansteater, een van Kaapstad se voorste geselskappe, sorg saam met Suidoosterfees vir verskeie hoogtepunte op die dansspyskaart van 30 April tot 4 Mei.