Persverklaring – Bela-wet: SAAWK spreek kommer uit oor bedreiging vir moedertaalonderrig
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) neem met kommer kennis van die implementering van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (Bela) in sy geheel soos goedgekeur deur president Cyril Ramaphosa. Die SAAWK waarsku dat hierdie wetgewing in sy huidige formaat ’n beduidende bedreiging vir moedertaalonderrig op basieseonderwysvlak inhou. Dit raak nie net Afrikaanse skole nie, maar enige gemeenskap wat sy grondwetlike reg op onderrig in die taal van sy keuse wil uitoefen.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed