Persverklaring: Annelie Botes se wêreld van woorde was ’n amulet teen seerkry

Annelie se koerantrubrieke was tot op die laaste pitkos vir lesers. Dít was die skryfwerk wat haar onverdunde genot verskaf het: om van die alledaagse kom en gaan, lag en huil, ’n storie te maak. Tot op die laaste dae van haar aardse reis het sy hierdie gedagtes met haar lesers gedeel.