PEN Afrikaans-gesprekke – waarna uitgewers op soek is: ’n onderhoud met Shawna-Leze Meiring

“Die basiese dinge vir ’n goeie storie moet altyd daar wees: interessante karakters waarmee lesers kan vereenselwig, vloeiende/gemaklike dialoog, ’n sterk storie (dink maar aan die klassieke storieberg se formaat) en goeie navolging van genrekonvensies (as dit ’n storie is wat in ’n genre pas). Vir kinder- en jeugboeke is dit belangrik om die ouderdom van jou teikenmark in gedagte te hou.”