Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie

“In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys.”