Pasverskyn: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop deur Ronel Foster

Wilma Stockenström is ’n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy is een van weinig skrywers wat ’n Hertzogprys in twee afsonderlike kategorieë kon losslaan. Sy wen dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie. Hierdie huldigingsbundel is die 17de in die reeks van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat literêre kunstenaars huldig wat met die Hertzogprys bekroon is, en wat die Afrikaanse letterkunde oor dekades heen verryk het.