Pareltjes uit Amsterdam: "My Sarie Marais" in Vondelpark

Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam. Vir die derde video in hierdie reeks is hy op ’n yskoue Sondag op sy fiets Vondelpark toe om by mense te hoor wat hulle van Afrikaans weet.